Van die eerste week af, onthou ek dat ek gese het: dis net jy. Dit het net uit my mond uit geslip soos ek met jou gepraat of gemessage het. Nie geweet wat dit beteken het nie, maar dit het mening gehad. En soos elke dag, elke sekonde verby gegaan het, het ek net meer verstaan...
Dis jy - liefde op twee bene. In jou oe, in jou stem, in jou hart. Alles wat ek in jou sien, en wat jy my maak voel, is die mees ware en pureste liefde wat ek dink die aarde al ooit beleef het.
As ek praat van hoe gelukkig jy my maak, is dit n understatement. En weet jy hoekom sê ek so? Want daar is nie woorde om naastenby te beskryf hoe gelukkig jy my maak nie. En as ek praat van gelukkig, is dit die mees beautifulste feeling op die aarde, een wat die kleure helderder maak op n grys dag, as ek net in jou oe kyk vir n sekond.
Elke asem wat ek haal, is vir jou. Elke fokop wat ek doen, glo dit of nie, is vir jou. Want ek try my bes om n toekoms te bou vir ons, maar meestal die een wat jy deserve. Elke liewe gedagte wat ek vir die langste tyd al ooit het van my toekoms, is jy daar. Reg langs my.
Dis net jy.